WESKUS SCHOOL OF SKILLS

LABORE OMNIA FLORENT

 Weskus Skool

Weskus Skool is geleë as die eerste gebou aan jou regterkant ,soos wat jy Saldanha binne kom. Die skool is in 1977 gevind, as 'n spesiale skool, vir leerders met spesiale behoeftes wat lees en skryf aanbetref. Ons het tans 450 leerders wat almal 'n sekere vaardigheid aangeleer word. Hierdie vaardigheid kan dan vir leerders in die toekoms werksgeleenthede skep en ook vir sommiges die geleentheid gee om verder te studeer. Met die bied van 'n toekoms vir hierdie leerders, word die Weskus Skool as 'n baken van hoop gesien.

Ons huidige skoolhoof, Mnr. Con Koegelenberg, is 'n dinamiese leier en glo sterk aan die skool se leuse: Alles sal bloei deur harde werk.

426137660_767402212086640_6596279730731039789_n
357508605_653471210146408_1613094037143702062_n

VISIE

Weskus Skool is die leier in die voorsiening van voorberoepsopleiding aan leerders in die Wes-Kaap wat die leerder begelei tot volwaardige volwassenheid.

MISSIE

Aan die Weskus Skool ontvang leerders basiese onderrig en opleiding vir ‘n naskoolse beroep.  Relevante vakke word aangebied om sodoende ‘n verantwoordelike en gebalanseerde landsburger te lewer.