Weskus Skool is geleë as die eerste gebou aan jou regterkant ,soos wat jy Saldanha binne kom. Die skool is in 1977 gevind, as 'n spesiale skool, vir leerders met spesiale behoeftes wat lees en skryf aanbetref. Ons het tans 450 leerders wat almal 'n sekere vaardigheid aangeleer word. Hierdie vaardigheid kan dan vir leerders in die toekoms werksgeleenthede skep en ook vir sommiges die geleentheid gee om verder te studeer. Met die bied van 'n toekoms vir hierdie leerders, word die Weskus Skool as 'n baken van hoop gesien.
Ons huidige skoolhoof, Mnr. Con Koegelenberg, is 'n dinamiese leier en glo sterk aan die skool se leuse: Alles sal bloei deur harde werk.